Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. So sê die Here aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ’n heilige oorlog!

6. Daarom sal dit nag word vir julle, sonder ’n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.

7. En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.

8. Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die Here, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.

9. Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ’n afsku het en al wat reg is, verdraai;

10. julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!

Lees volledige hoofstuk Miga 3