Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 2:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.

2. Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.

3. Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ’n tyd van onheil wees!

4. In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle aanhef en ’n klaaglied sing: Dit is gedaan — sal hulle sê — ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.

5. Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in ’n erfdeel in die vergadering van die Here nie.

Lees volledige hoofstuk Miga 2