Ou Testament

Nuwe Testament

Maleági 2:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die Here van die leërskare.

5. My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.

6. Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.

7. Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van die Here van die leërskare.

8. Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare.

9. So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.

10. Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?

11. Juda het troueloos gehandel, en ’n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die Here, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van ’n uitlandse god getrou.

12. Mag die Here van die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat ’n offer aan die Here van die leërskare bring.

13. En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die Here met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.

Lees volledige hoofstuk Maleági 2