Ou Testament

Nuwe Testament

Maleági 2:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod.

2. As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in ’n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.

3. Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.

4. En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die Here van die leërskare.

5. My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.

6. Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.

7. Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van die Here van die leërskare.

8. Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare.

Lees volledige hoofstuk Maleági 2