Ou Testament

Nuwe Testament

Maleági 1:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK. Die woord van die Here aan Israel deur die diens van Maleági.

2. Ek het julle liefgehad, sê die Here. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die Here. Tog het Ek Jakob liefgehad,

3. maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ’n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.

4. As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê die Here van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die Here vertoornd is tot in ewigheid!

5. En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die Here oor die gebied van Israel!

Lees volledige hoofstuk Maleági 1