Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 9:18-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee — wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het —

19. en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;

20. en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

21. Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg soos Moses beveel het.

22. Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.

23. Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die Here het aan die hele volk verskyn —

24. vuur het van die aangesig van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 9