Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 7:10-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

11. En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die Here bring:

12. Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13. saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14. En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die Here bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

15. Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

16. En as die offer wat hy bring, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

17. Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

18. En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ’n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.

19. En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref — elkeen wat rein is, mag vleis eet.

20. Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die Here toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

21. En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die Here toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

22. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

Lees volledige hoofstuk Levítikus 7