Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 7:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

2. Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3. En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die Here; dit is ’n skuldoffer.

6. Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7. Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

8. En die priester wat die brandoffer van iemand bring — die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

9. En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

10. En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

11. En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die Here bring:

12. Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13. saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14. En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die Here bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

15. Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 7