Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 4:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

17. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die Here, voor die voorhangsel sprinkel.

18. En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die Here is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

19. en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

20. en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.

21. Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer van die vergadering.

22. As ’n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die Here sy God verbied het, en hy skuldig word;

23. of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ram;

24. en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die Here slag; dit is ’n sondoffer.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 4