Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 27:28-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Maar niks van die bangoed wat iemand aan die Here wy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die Here hoogheilig wees.

29. Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.

30. Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here.

31. Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.

32. Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles wat onder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan die Here heilig wees.

33. Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.

34. Dit is die gebooie wat die Here Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 27