Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 24:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

2. Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

3. Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die Here, gedurigdeur. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte.

4. Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die Here, gedurigdeur.

5. Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van ’n efa moet elke koek wees;

6. en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die Here.

7. En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die Here.

8. Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die Here regsit, van die kant van die kinders van Israel as ’n ewige insetting.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 24