Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 22:22-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag — dit moet julle aan die Here nie bring nie, en daarvan mag julle vir die Here geen vuuroffer op die altaar lê nie.

23. Maar ’n bees of stuk kleinvee waarvan ’n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte-offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

24. ’n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die Here nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

25. en uit die hand van ’n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ’n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

26. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

27. As ’n bees of ’n lam of ’n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ’n vuuroffergawe aan die Here.

28. ’n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.

29. En as julle ’n lofoffer aan die Here bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

30. Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die Here.

31. Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.

32. En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die Here wat julle heilig,

Lees volledige hoofstuk Levítikus 22