Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 18:27-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

28. Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

29. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.

30. Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die Here julle God.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 18