Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 11:18-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;

19. en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

20. Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop — ’n gruwel is hulle vir julle.

21. Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.

22. Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.

23. Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — ’n gruwel is hulle vir julle.

24. En deur hierdie diere word julle verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;

25. en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —

26. aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.

27. En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.

28. Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.

29. En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte,

30. en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.

31. Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 11