Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Dalet. Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

5. He. Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm.

6. Wau. Want die ongeregtigheid van die dogter van my volk was groter as die sonde van Sodom wat soos in ’n oomblik omgekeer is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.

7. Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte ’n saffier.

8. Get. Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

9. Tet. Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4