Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. Alef. AG, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooi op die hoek van al die strate!

2. Bet. Die kinders van Sion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gereken soos erdekruike, die werk van pottebakkershande.

3. Gimel. Selfs jakkalse gee die speen, laat hulle kleintjies drink, maar die dogter van my volk het wreed geword soos die volstruise in die woestyn.

4. Dalet. Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

5. He. Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4