Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 9:19-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die Here, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.

20. Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.

21. Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.

22. Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af — terwyl julle tussen ons in woon?

23. Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.

24. Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die Here u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

25. Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

26. Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

27. So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die Here, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.

Lees volledige hoofstuk Josua 9