Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 6:4-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;

5. en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

6. Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die Here dra.

7. En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die Here optrek.

8. En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die Here en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die Here agter hulle aan gaan.

9. Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

10. En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.

11. Toe het die ark van die Here om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.

12. En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die Here gedra;

13. en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die Here gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die Here aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

14. So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.

15. Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.

Lees volledige hoofstuk Josua 6