Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 4:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die Here met Josua gespreek en gesê:

2. Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,

3. en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.

4. Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,

5. en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die Here julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle ’n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,

6. sodat dit ’n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?

7. moet julle vir hulle sê: omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die Here by sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ’n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Josua 4