Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 24:15-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.

16. Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons die Here sou verlaat om ander gode te dien;

17. want die Here onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;

18. en die Here het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die Here dien, want Hy is onse God.

19. Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is ’n heilige God, Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.

Lees volledige hoofstuk Josua 24