Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 23:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. weet dan verseker dat die Here julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.

14. En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15. Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die Here julle God oor julle gespreek het, so sal die Here oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.

16. As julle die verbond van die Here julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

Lees volledige hoofstuk Josua 23