Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:3-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die Here, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4. Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

5. en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

6. en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

7. en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede.

8. So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die Here deur die diens van Moses beveel het.

9. Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10. die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang — want die eerste lot was vir hulle —

11. en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12. maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13. En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

14. en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,

15. en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16. en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

17. En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18. en Ánatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.

19. Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20. En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21. en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,

Lees volledige hoofstuk Josua 21