Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:11-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12. maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13. En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

14. en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,

15. en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16. en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

17. En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18. en Ánatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.

19. Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20. En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21. en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,

22. en Kibsáim met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.

23. En uit die stam van Dan: Élteke met sy weiveld, Gíbbeton met sy weiveld,

Lees volledige hoofstuk Josua 21