Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.

2. En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Mólada,

3. en Hasar-Sual en Bala en Esem,

4. en Éltolad en Betul en Horma,

5. en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,

6. en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;

7. Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;

8. en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.

9. Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.

10. EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.

11. En hulle lyn loop op in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;

Lees volledige hoofstuk Josua 19