Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:15-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;

16. en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

17. Daarop het Ótniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

18. En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

19. En sy sê: Gee my tog ’n geskenk; omdat u my na ’n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

20. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.

21. En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: Kábseël en Eder en Jagur,

22. en Kina en Dimóna en Adáda,

23. en Kedes en Hasor en Jitnan,

24. Sif en Telem en Béalot,

25. en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;

26. Amam en Sema en Mólada,

27. en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,

28. en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjótja,

29. Báäla en Ijjim en Esem,

30. en Éltolad en Kesil en Horma,

31. en Siklag en Madmánna en Sansánna,

Lees volledige hoofstuk Josua 15