Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;

2. en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;

3. en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;

4. dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.

5. En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af

6. loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Áraba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.

7. Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.

Lees volledige hoofstuk Josua 15