Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 1:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:

11. Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die Here julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.

12. En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:

13. Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het toe hy gesê het: Die Here julle God verskaf ’n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.

14. Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper helde, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,

15. totdat die Here aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die Here julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die Here, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.

16. Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.

17. Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die Here u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.

Lees volledige hoofstuk Josua 1