Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:

2. Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

3. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die Here af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ’n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die Here af weg.

4. Maar die Here het ’n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ’n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

5. Toe word die seeliede bang — hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.

6. Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.

Lees volledige hoofstuk Jona 1