Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, Here, daarheen aftrek!

12. Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.

13. Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

14. Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!

15. Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.

16. En die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die Here sal ’n toevlug wees vir sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.

17. Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ’n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.

Lees volledige hoofstuk Joël 3