Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

11. Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die Here oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen ’n geldstuk gegee en elkeen ’n goue ring.

12. En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.

13. Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.

14. En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.

15. En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle ’n erfdeel gegee onder hulle broers.

16. En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.

17. En Job het gesterwe, oud en afgeleef.

Lees volledige hoofstuk Job 42