Ou Testament

Nuwe Testament

Job 2:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.

12. En toe hulle op ’n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.

13. En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ’n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

Lees volledige hoofstuk Job 2