Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.

2. Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!

3. Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.

4. Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.

5. Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die Here; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.

6. Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

7. HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

8. Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die Here terugkeer na Sion.

9. Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die Here het sy volk getroos, Jerusalem verlos.

10. Die Here het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52