Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 35:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing;

2. dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die Here, die sieraad van onse God.

3. Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.

4. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.

5. Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.

6. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 35