Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 31:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want so het die Here vir my gesê: Soos ’n leeu en ’n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas — só sal die Here van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.

5. Soos voëls wat fladder, so sal die Here van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.

6. Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.

7. Want in dié dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.

8. En Assur sal val deur die swaard, nie van ’n man nie; en die swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;

9. en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die Here, wat ’n vuur het op Sion en ’n oond in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 31