Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE Áriël, Áriël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring —

2. dan sal Ek Áriël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Áriël wees.

3. En Ek sal in ’n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.

4. Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van ’n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.

5. Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.

6. Vanweë die Here van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.

7. En soos ’n droom, ’n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Áriël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.

8. En soos ’n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en — sy siel is leeg; en soos ’n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en — hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 29