Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 52:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SEDEKÍA was een-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, ’n dogter van Jeremia uit Libna.

2. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, net soos Jójakim gedoen het.

3. Want dit het oor Jerusalem en Juda gekom weens die toorn van die Here, totdat Hy hulle van sy aangesig af weggewerp het. En Sedekía het gerebelleer teen die koning van Babel;

4. en in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, teen Jerusalem gekom, hy en sy hele leër, en hulle het daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.

5. En die stad is beleër tot die elfde jaar van die koning Sedekía.

6. In die vierde maand, op die negende van die maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,

Lees volledige hoofstuk Jeremia 52