Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:22-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Sou julle vir Mý nie bevrees wees nie, spreek die Here, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, ’n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.

23. Maar hierdie volk het ’n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;

24. en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.

25. Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.

26. Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het ’n val gestel, hulle vang mense.

27. Soos ’n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5