Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 43:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. TOE het die woord van die Here tot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:

9. Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;

10. en sê vir hulle: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.

11. En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 43