Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 36:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En Jeremia het Barug, die seun van Nería, geroep; en Barug het op ’n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die Here wat Hy met hom gespreek het.

5. En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die Here nie.

6. Gaan jý dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die Here voor die ore van die volk in die huis van die Here, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.

7. Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die Here kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die Here teen hierdie volk uitgespreek het.

8. En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die Here, in die huis van die Here.

9. Want in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle ’n vasdag voor die aangesig van die Here uitgeroep — die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.

10. En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die Here, in die kamer van Gemárja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die Here, voor die ore van die hele volk.

11. En toe Migája, die seun van Gemárja, die seun van Safan, al die woorde van die Here uit die boek hoor,

12. gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elisáma, die skrywer, en Delája, die seun van Semája, en Élnatan, die seun van Akbor, en Gemárja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste.

13. Daarop maak Migája aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 36