Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 34:16-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Maar julle het weer gedraai en my Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan het volgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees.

17. Daarom, so sê die Here: Júlle het na My nie geluister om ’n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk, Ek roep ’n vrylating uit, spreek die Here, om julle oor te gee aan die swaard, die pes en die hongersnood, en Ek sal julle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde.

18. En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:

19. die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 34