Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.

18. So sê die Here: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.

19. En uit hulle sal danksegging uitgaan en ’n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.

20. En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.

21. En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die Here.

22. En julle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees.

23. Kyk, ’n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, ’n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.

24. Die toorngloed van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30