Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die Here in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:

2. So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.

3. In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die Here wat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.

4. Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die Here; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28