Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.

10. Want hulle profeteer leuens vir julle om julle ver te laat wees uit julle land, sodat Ek julle verdrywe en julle omkom.

11. Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek die Here, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.

12. Daarna het ek met Sedekía, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe.

13. Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die Here gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27