Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:15-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die Here, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.

16. Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die Here: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die Here sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.

17. Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad ’n puinhoop word?

18. Maar as hulle profete is, en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle tog die Here van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.

19. Want so sê die Here van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,

20. wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie weggeneem het nie toe hy Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem —

21. want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die Here en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:

22. Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die Here, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27