Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 26:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die Here.

8. En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die Here beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!

9. Waarom het jy in die Naam van die Here geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die Here.

10. Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die Here; en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die Here.

11. En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 26