Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:25-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!

26. Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart —

27. is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?

28. Die profeet by wie ’n droom is, laat hom ’n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die Here.

29. Is my woord nie só, soos ’n vuur, spreek die Here, en soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel nie?

30. Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat my woorde steel, die een van die ander.

31. Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die Here spreek!

32. Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die Here, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die Here.

33. As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die Here gelas? — dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23