Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:27-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. wat vir ’n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir ’n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!

28. Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!

29. Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek die Here.

30. Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos ’n verskeurende leeu.

31. o Geslag, verneem die woord van die Here! Het Ek vir Israel ’n woestyn geword of ’n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?

32. Kan ’n jonkvrou haar versiersel vergeet, ’n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.

33. Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.

34. Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by ’n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.

35. Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2