Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2. Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die Here: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ’n onbesaaide land.

3. Israel was vir die Here ’n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die Here.

4. Hoor die woord van die Here, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!

5. So sê die Here: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2