Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

6. Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die Here. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

7. In een oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;

8. maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.

9. En in ’n ander oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit te bou en te plant;

10. maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.

11. Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die Here: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink ’n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.

12. Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.

13. Daarom, so spreek die Here: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het ’n baie afskuwelike ding gedoen.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18