Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het:

2. Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.

3. Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ’n stuk werk op die skywe te maak.

4. En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk — soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker — maar hy het daaruit weer ’n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

5. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

6. Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die Here. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

7. In een oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;

8. maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18